Slaapwandelary

Slaapwandelary
Klassifikasie en eksterne bronne
The Somnambulist, John Everett Millais (1871).
The Somnambulist, John Everett Millais (1871).
ICD-10 F51.3
DiseasesDB 36323
MedlinePlus   000808
eMedicine article/1188854
MeSH D013009
Mediese waarskuwing

Slaapwandelary, ook bekend as somnambulisme of noktambulisme, is ’n kombinasie van slaap en wakker wees.[1] Dit word as ’n slaapsteuring geklassifiseer onder die parasomnia-familie[2] en kom voor tydens diepe slaap, wanneer die bewustheid laag is. Dit behels aktiwiteite wat gewoonlik uitgevoer word gedurende tye van volle bewustheid.

Dié aktiwiteit kan so onskuldig wees soos praat, regop sit in die bed, loop na die badkamer, eet en huis skoonmaak, of so gevaarlik soos kook, motor bestuur,[3][4] gryp na denkbeeldige voorwerpe[5] of selfs manslag.[6][7]

Hoewel slaapwandelary gewoonlik beperk is tot eenvoudige, herhaalde aksies, is daar soms berigte van mense wat ingewikkelde aksies tydens slaap uitvoer, maar die egtheid daarvan word dikwels in twyfel getrek.[8] Slaapwandelaars kan dikwels min of niks van die voorval onthou nie, omdat hulle bewustheid in ’n toestand is waar dit moeilik is om herinneringe op te roep. Hoewel hulle oë oop is, het hulle ’n glasige uitdrukking.[9] Dit kan van 30 sekondes tot 30 minute duur.[5]

Slaapwandelary kom voor tydens diepe slaap, wat deel van die nie-REM-slaapstadium is. Dit kom gewoonlik tydens die eerste derde van die nag voor, wanneer diepe slaap die prominentste is.[9] Indien dit voorkom, is dit gewoonlik net een keer per nag.[5]

  1. World Health Organization. (1992). The ICD-10 classification of mental and behavioural disorders: Clinical descriptions and diagnostic guidelines. Version 2016. Geneva: World Health Organization.
  2. American Psychiatric Association. (2013). Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, Fifth Edition. Washington, D.C.: American Psychiatric Publishing.
  3. "I went driving and motorbiking in my sleep". BBC News (in Engels (VK)). 11 Desember 2017. Besoek op 27 Februarie 2020.
  4. SLEEP: Sex While Sleeping Is Real, and May Be No Joke, Michael Smith, MedPage Today Staff Writer, 19 Junie 2006, besoek op 08-11-2011
  5. 5,0 5,1 5,2 Swanson, Jenifer, red. "Sleepwalking." Sleep Disorders Sourcebook. MI: Omnigraphics, 1999. 249–254, 351–352.
  6. "Sleepwalk to Murder". 10 Oktober 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2008.
  7. "CNN - 'Sleepwalker' convicted of murder". 25 Junie 1999. Besoek op 13 Januarie 2015.
  8. Rachel Nowak (15 Oktober 2004). "Sleepwalking woman had sex with strangers". New Scientist. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2007. Besoek op 30 April 2007.
  9. 9,0 9,1 Lavie, Peretz, Atul Malhotra, and Giora Pillar. Sleep disorders : diagnosis, management and treatment : a handbook for clinicians. London: Martin Dunitz, 2002. 146–147.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search